Numismatiek

Muntversamelaars en entoesiaste drom saam by 'n uitstalling wat deur die Numismatic Society of Calcutta, Kolkata, Wes-Bengale gereël is.

Numismatiek (van Latyn nummus - munt; vgl. Oud-Grieks νόμισμα/nómisma - (silwer) muntstuk, geld), ook genoem muntkunde is die wetenskaplike studie van alle tasbare vorme en geskiedenis van geld (munte en banknote) en verwante voorwerpe soos bv. bewyse (tokens) en gekerfde klippe, sowel as die gepaardgaande sake, soos muntseëls (of -stempels), muntgewigte, druktegnieke, muntwetgewing, ens. Die versameling van munte as 'n stokperdjie word dikwels ook numismatiek genoem.

Numismatiek word gewoonlik as 'n versamelstokperdjie of as 'n belegging beoefen, maar dit het ook wetenskaplike waarde, want die munte wat tydens opgrawings gevind word, is soms die enigste voorwerpe met inskripsies. In hierdie sin verbind numismatiek soms argeologie met geskrewe geskiedenis. Vir sommige heersers is muntvondse die belangrikste leidraad oor hoe lank en in watter jare hulle regeer het. Muntvondste verskaf ook dikwels bykomende inligting vir die datering van opgrawings of handelsbetrekkinge met ander gebiede. 'n Kenner op die gebied van numismatiek word 'n numismatikus genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search